Sekere LIV-spelers kry vrystelling vir Amerikaanse Ope

Gholf: Die Amerikaanse Gholfverenging is die eerste groot beheerliggaam wat vrystelling verleen aan spelers wat deelneem aan die Saudi-ondersteunde LIV-gholfreeks. Die vereniging sal vir vanjaar se Amerikaanse Ope in Pennsylvania vrystelling gee aan LIV-spelers wat op 19 Mei in die top drie op die liga se ranglys verskyn en nie anders vrygestel is nie. Daarbenewens word ‘n plaaslike vrystelling ook verleen aan spelers wat op 7 April in LIV se top-10 is. Hulle sal dus regstreeks deurdring na die laaste kwalifiseringstoernooi om deur te gaan na die Amerikaanse Ope.