Tiener kry skokdiagnose ná oormatige vaping

Jayden Richardson, ‘n 17-jarige seun van Shropshire, het ‘n ernstige gesondheidsprobleem opgedoen nádat hy vir vyf jaar vapes gebruik het— Hy soveel gedamprook, dat dit die ekwivalent van 50 sigarette per dag se was.

Jayden het op 12-jarige ouderdom begin vape om ‘in te pas’, maar sy gesondheid het ernstig daaronder gely. Terwyl hy in Augustus saam met sy gesin in Turkye met vakansie was, het hy op die laaste dag begin bloed hoes. Ná sy terugkeer huis toe, is hy dadelik hospitaal toe geneem.

Hy het die vorige aand ‘n bietjie borspyn gehad, maar nie te veel daarvan gedink nie. Toe hy die volgende oggend wakker word, het hy aan sy vape getrek en begin hoes, aanvanklik net klein bietjies bloed.

Hy het gedink dis niks ernstig nie en het daarna gaan swem. Maar die oomblik toe hy in die swembad ingegaan het, het hy groot hoeveelhede bloed begin opbring. Hy het reguit toilet toe gegaan en groot hoeveelhede bloed gehoes. Dit het vir ‘n volle 10 minute aangehou.

Terug in Birmingham het dokters aanvanklik ‘n maagseer vermoed, maar ‘n endoskopie het ernstige longskade onthul. Die konsultant het gesê hy het nog nooit soveel longskade in ‘n kind gesien nie. Dit was ‘n groot skok vir hulle en hulle het dit aan oormatige vaping toegeskryf.

Jayden is op medikasie geplaas en het besluit om op te hou vape. Maar op sy verjaardag, 10 Januarie, het hy weer ‘n vape gebruik en onmiddellik bloed begin hoes. Ek het gedink my longe sou vanself genees, maar ek was heeltemal verkeerd, sê hy. Nou wag hy vir ‘n CT-skandering en belowe om nooit weer ‘n vape te gebruik nie. Hy sê hy wens hy kon vir sy jonger self sê om nooit daaraan te raak nie. Jy besef nie hoe gevaarlik dit is totdat dit te laat is nie….

Foto: Verskaf