Storms en weerlig: Is jy gedek vir kragstuwings?

Die groter meerderheid korttermynversekeraars dek nie meer outomaties kragstuwing, of te wel, power surges nie. Dit wil sê sou enige van jou elektriese items in ‘n storm uitgeslaan word as gevolg van kragstuwing en jy het nie ekstra dekking uitgeneem daarvoor nie, sal jou korttermynversekeraar jou nie daarvoor uitbetaal nie. Dekking is moontlik maar dit moet bygekoop word met hemelhoë bybetalings. Weerligskade word nog outomaties gedek maar het ook baie hoë bybetalings. Met die reënseisoen wat erge storms bring word luisteraars daaraan herinner om hulle polisskedules na te gaan.