DA vra kleiner SANW-teenwoordigheid met staatsredeFebruary 3, 2025

Die DA sê hy het aan die Speaker van die Parlement Thoko Didiza geskryf om te vra dat die militêre parade vir Donderdag afgeskaal moet word. Die DA se Chris Hattingh sê hy het spesifiek gevra vir die kansellasie van die verbyvlug deur die Suid-Afrikaanse Lugmag, gegewe die benarde situasie van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-troepe in die Demokratiese Republiek die Kongo: