KZN skoolkinders sonder kos, verskaffers nie betaal nie

Die Vereniging van Staatsamptenare sê die KwaZulu-Natalse Onderwysdepartement mislei die publiek oor sy betalings aan diensverskaffers vir die skoolvoedingsprogram. Volgens die vereniging is baie verskaffers sedert November verlede jaar nie betaal nie en duisende leerders is sonder kos gelaat. Mlungisi Ndlovu van die vereniging eis onmiddellike betaling, ‘n openbare verskoning en ‘n onafhanklike ondersoek na finansiële wanbestuur: