VSA-immigrante bevel ‘nie geldig nie’
Die Namibiese ambassadeur in die VSA, Margret Mensah-Williams, sê daar is geen rede tot kommer oor die uitsetting van 19 Namibiërs vanuit die VSA, soos plaaslik aanlyn gesirkuleer nie. Sy sê aan The Namibian dat sy het ‘n omsendskrywe van die departement van menslike dienste ontvang wat sê die bevel vir die uitsetting van immigrante is nie deur die Immigrasie en Doeane Toepassingsdiens, in Engels bekend as ICE, ontvang nie en is dus nie geldig nie. Die Trump-administrasie teiken meer as ‘n miljoen onwettige immigrante in die VSA.