Navorsing toon kommer oor aanhouding van verhoor-afwagtendes
Nust se departement van sosiale wetenskap het navorsing uitgevoer oor die aanhouding van verhoor afwagtende gevangenes. Die projek, gelei deur dr. Stefan Schulz het Windhoek se Wanaheda, Katutura en Otjomuise polisieselle tussen Junie, Julie en Augustus verlede jaar ondersoek. Hulle het bevind dat ‘n verbysterende 185 uit elke 100 000 lede van die algemene bevolking in aanhouding was, ver bo die Afrika-gemiddeld van 33,7. ‘n Gebrek aan prima facie bewyse het aan die lig gebring dat ‘n totaal van 199 polisiedossiere van die individue teruggestuur is vir die onmiddellike vrylating van die aangehoudenes – of 25 persent van die sake terwyl in amper 44 persent is ‘n skulderkenningsboete betaal.