Dwelmmisbruik onder kinders onder die loep 

Toenemende dwelmmisbruik onder kinders wek groot kommer en veroorsaak geweld teenoor ouers sowel as diefstal vanuit die familiehuis. Die plaaslike aktivis Zack Itodo sê bewustheid en proaktiewe ondersteuning deur ouers is die sleutel om die plaag te beveg. Itodo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is belangrik om oop kommunikasielyne in gesinne te skep en leiding te gee voordat negatiewe situasies verder eskaleer.