Trump eis dat Opul sy prys verlaag
Amerikaanse president Donald Trump eis dat Opul oliepryse verlaag en dat rentekoerse in die res van die wêreld sak. Hy het via video met die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, gepraat en globale sake- en politieke leiers gewaarsku hulle sal tariewe in die gesig staar as hulle produkte nie in die VSA vervaardig word nie. Oliepryse en die euro het gedaal terwyl Trump gepraat het, terwyl die Amerikaanse dollar tussen winste en verliese teen ‘n mandjie buitelandse geldeenhede geswaai het. Luister self na Trump.