Cran beveilig elektroniese transaksies verder
Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het amptelik nuwe regulasies ingevolge die Wet op Elektroniese Transaksies in die Staatskoerant van 20 Desember 2024 gepubliseer. Dit is ‘n belangrike mylpaal in die bevordering van digitale bedrywighede in die land. Dit sluit in regulasies oor elektroniese handtekeninge en die akkreditasie van sekuriteitsprodukte en -dienste asook hul verskaffers. Hiermee baan Cran die weg vir veilige en wetlik erkende digitale transaksies. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Mufaro Nesongano, Cran se uitvoerende hoof van kommunikasie en verbruikersverhoudinge, wat die publiek nooi om insette te lewer.