Vandalisme, diefstal kelder Kalimbeza verderJune 9, 2025
Plaaslike media berig dat die Kalimbeza-rysprojek deurloop onder diefstal en vandalisme. Die projek sukkel reeds jare lank om produksie te verbeter en het vir twee jaar braak gelê. Nou kom berigte dat sonpanele by die projek herhaaldelik gesteel word. In die eerste geval is ses panele gesteel en daarna weer vier wat skade van 100 000 Namibiese dollar beloop. Die omheining van die projek, uiters belangrik om vee uit te hou, word ook gereeld gesteel en 40 000 dollar is nodig om die huidige skade te herstel.