Verwerkingsaanlegte steeds lamgelê

Die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge en Ekonomie onderneem tans oorsigbesoeke aan verwerkingsprojekte in die Karas-, Oshana-, Zambezi-, Kavango-Wes- en Otjozondjupa-streke. Die komitee evalueer vordering met die  implementering hiervan na daarvoor begroot is onder handelsministerie. Maar, die status quo is onveranderd en geen tasbare vordering met talle van die projekte is waargeneem nie. Een so projek is die klerefabriek op Nkurenkuru wat reeds op 5 Desember 2022 ingehuldig is. Die fabriek is steeds nie in werking nie.