Bouplanne in die vierde kwartaal is op vir hoofstad, af vir Swakop

Ten spyte van dalings in die aantal goedgekeurde bouplanne in beide Windhoek en Swakopmund in Desember, het die kwartaallikse prentjie positief vertoon, veral vir die hoofstad. Windhoek se goedgekeurde bouplanne het in die vierde kwartaal ‘n kwartaallikse groei van 27 persent aangeteken, terwyl Swakopmund ‘n inkrimping van 32 persent gesien het. Op ‘n jaargrondslag het Windhoek ‘n toename van 42 persent in bouplangoedkeurings aangeteken, en Swakopmund ‘n afname van 16 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Almandro Jansen, ‘n ekonoom van Simonis Storm, oor die vooruitsigte vir 2025.