Afrika middelpunt van globale terrorisme: VN
Die Verenigde Nasies sê Afrika bly die middelpunt van terrorisme wêreldwyd en meer optrede is nodig om internasionale voornemens in te stel om die plaag te stuit. Meer as 6 000 terrorisme-verwante sterftes is vir drie agtereenvolgende jaar in die streek aangemeld, wat meer as die helfte van die wêreldsyfer uitmaak. Die VN se adjunk-sekretaris-generaal, Amina Mohammed, sê die Afrika-unie se teenterrorisme-sentrum het verlede jaar meer as 3 400 terroriste-aanvalle op die vasteland aangeteken.