China hoop vir handelsamewerking onder Trump
China sê hy hoop samewerking met Washington kan handelskwessies oplos nadat Donald Trump sy tweede presidentstermyn begin het. Hy het voorheen gedreig om streng tariewe op die Asiatiese reus in te stel. Die woordvoerder van Buitelandse Sake, Guo Jiakun, sê China is bereid om dialoog en kommunikasie met Amerika te versterk, verskille behoorlik aan te pak en wedersyds-voordelige samewerking uit te brei. Hy sê China hoop die twee lande sal saamwerk om gesamentlik bestendige, gesonde en volhoubare ontwikkeling van Chinees-Amerikaanse ekonomiese en handelsbetrekkinge te bevorder.