Afrikaanse e-vervoerdiens gaan 90 bestuurders aanstel

ʼn Nuwe Afrikaanse e-vervoerdiens, Wanatu, is in Centurion en Pretoria bekendgestel. Die diens wil 90 bestuurders aanstel wat Afrikaans praat. Alhoewel bestuurders Afrikaans magtig moet wees, is die diens vir almal toeganklik deur ʼn knoppie op die toepassing wat in Engels vertaal. Wanatu sê hy gaan sy bestuurders direk aanstel en salarisse en aansporings aanbied om ʼn veilige diens van gehalte te verseker, veral vir kwesbare kliënte. Die platform het eienskappe soos opsporingstoestelle in elke motor, paniekknoppies en ʼn beheerkamer waar bestuurders se gedrag dopgehou word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *