Trump ingehuldig, neem eerste aksies op grens
Amerika se 47ste president, Donald Trump, en sy visepresident JD Vance, is ingehuldig in Washington. Trump het na die eedaflegging in sy inhuldigingstoespraak verskeie omstrede kwessies uitgelig en sy uitvoerende bevele verduidelik. Hy het aangekondig dat hy ‘n noodtoestand verklaar op die suidelike grens met Mexiko en miljoene immigrante terugstuur na die lande waarvan hulle kom.
Hy wil ook die internasionale naam van die Golf van Mexiko verander na die Golf van Amerika en die Panama-kanaal terugneem.