Kommer in Pretoria oor verlate geboue
Die burgemeester van Tshwane Nasiphi Moya is bekommerd oor verlate regeringsgeboue in die stadskern van Pretoria en die omliggende gebiede. Tydens ‘n operasie Vrydag om verordeninge af te dwing het amptenare afgekom op ‘n verlate gebou wat besit word deur die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur. Moya sê verlede jaar het die stad ‘n kennisgewing aan die departement uitgereik nadat dooie liggame in die gebou aangetref is, maar niks is nog gedoen om dit reg te stel nie: