Suid-Afrika verwelkom skietstilstand in Gaza
Suid-Afrika het die tydelike skietstilstand-ooreenkoms tussen Israel en Hamas verwelkom en sê dis ʼn belangrike eerste stap om die 2,3-miljoen Palestyne se humanitêre krisis in Gaza te beëindig. Die skietstilstand word Sondag van krag en sluit die vrylating in van 33 Israelse gyselaars in ruil vir Palestynse gevangenes in Israelse tronke. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê alle struikelblokke wat humanitêre hulp keer, moet verwyder word: