N$600 000 se sokkerballe in November ingevoer
Die handelstatistiek-bulletin van die Namibiese Statistieke-agentskap vertoon maand op maand dieselfde, dis net die syfers wat verskil. In November verlede jaar is ‘n handelstekort van 5,5 miljard Namibiese dollar aangeteken en oudergewoonte was uraan, diamante, koper en koper-artikels, nie-monetêre goud en vis die hoofuitvoere. Die kommoditeit van die maand is sokkerballe. Die land het sokkerballe ter waarde van 600 000 dollar ingevoer, meeste van Suid-Afrika en China en 2 154 dollar se balle uitgevoer, na Angola.