Skietstilstand in Gaza bereik

Katar se eerste minister, Sheikh Mohammed bin Abdulrahman Al Thani, het in Doha aangekondig dat ‘n skietstilstand-ooreenkoms tussen Israel en Hamas bereik is. Dit tree op Sondag, 19 Januarie in werking. Fase Een sal 42 dae duur en die onttrekking van Israeliese magte weg van bevolkte gebiede in Gaza insluit. Hamas sal 33 Israeliese gyselaars vrylaat, terwyl ‘n 2 000 Palestynse gevangenes uit Israeliese tronke vrygelaat sal word. Ontheemdes sal toegelaat word om na hul huise terug te keer en die vloei van noodleniging en humanitêre hulp na alle dele van Gaza sal toeneem. In Amerika het president Joe Biden die ooreenkoms aangekondig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *