Hardap-boere kry eerste water
Die eerste water is reeds in die kanaal van die Hardapdam op pad na die produsente. Dit kom na daar verlede week vergader is en na die dam van net meer as 5 persent gestyg het na die huidige 16,6 persent en ‘n voorstel gemaak is om besproeiing te hervat. Water is in Oktober verlede jaar afgesny na die produsente toe. Die voorsitter van die Hardap Boerevereniging, Dawie de Klerk, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat onttrekking en verdamping op 100 persent besproeiing min of meer gemiddeld 3 persent van die dam se water maandeliks neem, dus 36 persent per jaar. Besproeiing is vir nou beperk tot 80 persent van die totaal met ‘n besparing van 20 persent.