Proteas kan Kampioenetrofee wen: Rob Walter

Krieket: Die witbal-afrigter van die Proteas, Rob Walter, is oortuig die groep wat hy vir aanstaande maand se IKR Kampioenetrofee aangewys het, besit die potensiaal om die titel te wen. Die groep van 15 lede sluit die snelboulers, Anrich Nortjé en Lungi Ngidi in, wat die hele internasionale seisoen tuis weens beserings misgeloop het. Kolwers Tony de Zorzi, Ryan Rickelton en Tristan Stubbs, asook die veelsydige Wiaan Mulder, speel die eerste keer in ʼn senior IKR-toernooi oor 50 boulbeurte. Volgens Walter het die groep baie ervaring.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *