KI-slimkoei kan Aussie boere bystaan
Navorsers aan die Universiteit van Sydney in Australië werk tans aan die wêreld se eerste slimkoei. Hulle glo die KI-aangedrewe robot sal beesboere help om hul lande groen en hul kuddes gesond te hou. Die slimkoei lyk soos ‘n robot, maar navorsers sê sodra die beeste gewoond raak aan die robot, sal hulle hom begin volg. Die robot bied toegang tot presisie boerdery en kan weivelde identifiseer waar beeste optimale voeding sal vind. Die robot kan kudde-eienskappe sowel as die gesondheid van individuele diere monitor.