Bibi terug op kantoor na prostaatoperasieJanuary 1, 2025
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het weer ‘n parlementsitting bygewoon nadat hy uit die hospitaal ontslaan is waar hy die naweek sy prostaat laat verwyder het. Die operasie is Sondag gedoen. Israel veg steeds teen Hamas-militante in die Gazastrook, byna 15-maande na die ongekende aanvalle van 7 Oktober 2023. Netanyahu is gesien waar hy met parlementslede praat terwyl hulle gereed maak vir ‘n stemming oor ‘n wetsontwerp oor begrotings-voorstelle.