Geen vuuurwerke sonder wettige toestemming nie – NamPol
Soos Oujaarsaand nader kom, herinner owerhede die publiek om sonder behoorlike magtiging vuurwerke in woongebiede en openbare ruimtes te vermy. Die Namibiese polisie sê vuurwerke mag nie in enige openbare plek gebruik word nie en dit sluit parke, sypaadjies of strate, winkelsentrums en restaurante in. Dit is ook onwettig om vuurwerke binne 500 meter van enige hospitaal, kliniek, vulstasie, ouetehuis of dierewelsynsorganisasie af te skiet. Vuurwerke mag nie op enige ander persoon, dier, gebou of motorvoertuig gerig word nie.