DP World skors Engelse speler oor weddenskappe
Gholf: Die DP World-toer het die Engelse speler Marco Penge vir drie maande geskors nadat hy skuldig bevind is dat hy weddenskappe op talle toernooie geplaas het. ʼn Tugkomitee het bevind die 26-jarige speler het nie gewed op homself of terwyl hy in toernooie gespeel het nie en die toernooie se integriteit is dus nie geraak nie. ‘n Maand van die straf is vir ʼn jaar opgeskort en Penge is ook met 45 000 Namibiese dollar beboet. Die wêreld se nommer 414 mag op 13 Februarie na die toer terugkeer.