SA en Mosambiek vergader, spreek Lebombo-ontwrigtings aan
Ministers van Suid-Afrika en Mosambiek het onderneem om dringend op te tree teen voedsel- en energieonsekerheid, weens ontwrigtings by die Lebombo-grens in Mpumalanga. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola en die Mosambiekse minister van Binnelandse Sake, Pascoal Ronda, het tydens ‘n gesamentlike vergadering die negatiewe uitwerking op handel en beweging van goedere erken. Ronda het deur middel van ‘n tolk gepraat en gesê die doel is om gladde handel te verseker en die ekonomieë van beide lande te beskerm: