Maer seisoen vererger vir landelike huishoudings
Namibië is vroeër vanjaar as ‘n nuwe honger-brandpunt verklaar, wat die land se groeiende uitdagings van voedselonsekerheid en wanvoeding beklemtoon. Dit is deur die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie en die Wêreldvoedselprogram in ‘n verslag aangekondig, wat ‘n dringende waarskuwing rig oor die toenemende risiko van voedselonsekerheid in die land. Die verslag dek die vooruitsigte vanaf November vanjaar tot Mei 2025. Wanvoedinggevalle in Namibië bereik tipies ‘n hoogtepunt tussen Desember en Maart, gedurende die kritieke “maer seisoen” voor die oes inkom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Carmen Letlhagoje, ‘n voedingkundige by die Voedings- en Voedselsekerheid Alliansie van Namibië, Nafsan, wat meer inligting oor die kwessie gee.