Inspeksies by SA-grense verskerp

Die minister van Samewerkende Regering, Velenkosini Hlabisa, sê inspeksie van ingevoerde voedselitems, medisyne, dwelms en plaagdoders by grensposte is verskerp. Dit volg op die meer as 890 gevalle en ongeveer 30 sterftes sedert September as gevolg van voedseloordraagbare siektes. Onlangs is beslag gelê op 470 liter plaagdoder by ‘n pakhuis en dis toegang tot die land geweier. Hlabisa sê die verskerpte beheer by al 71 grensposte, veral by hawens in KwaZulu-Natal insluitend Durban, is daarop gemik om die toegang van onveilige goedere te voorkom. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *