Geen stembrief-bokse mag oopgemaak word: ECN
Vandag is die eerste dag van twee dae waarop verteenwoordigers van politieke partye verkiesingsmateriaal kan nagaan. Dit volg op die dringende hofaansoeke van die IPC en LPM wat saamgevoeg is en verlede week Vrydag aangehoor is. Kommissaris Pius Iikwambi van die Verkiesingskommissie van Namibië, ECN, het aan die begin van die proses by hulle hoofkwartier in Windhoek gesê die kommissie is toegewy aan deursigtigheid. Hy sê ingevolge die hofbevel mag stembusse nie oopgemaak word nie.