SA parlement vir eers in tydelike koepel

Die direkteur-generaal van die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sifiso Mdakane, sê planne om die parlement te voorsien van ‘n nuwe tydelike tuiste begin vorm aanneem. Hy het gister die perseel vir die koepel-installering amptelik oorhandig aan die kontrakteur in Kaapstad. Die koepel sal die volgende 24 maande die parlement se tydelike tuiste wees, terwyl die geboue herbou word na die brand twee jaar gelede. Mdakane sê dit sal 24 dae neem om die koepel op te stel en dit sal gereed wees vir die Staatsrede.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *