Rusland arresteer een na Kirillov se dood
Rusland het sê hy het ‘n Oesbekiese man in hegtenis geneem wat erken dat hy die bom geplant het wat ‘n topgeneraal, Igor Kirillov, in Moskou in opdrag van die Oekraïne se SBU-veiligheidsdiens gedood het. Kirillov, wat hoof van Rusland se Kern-, Biologiese en Chemiese Beskermingstroepe was, is Dinsdag saam met sy assistent buite sy woonstelgebou dood toe ‘n bom wat in ‘n elektriese bromponie versteek was, ontplof het. Oekraïne se SBU-intelligensiediens het verantwoordelikheid vir die moord aanvaar. Hulle beskuldig Kirillov vir die gebruik van chemiese wapens teen Oekraïnse troepe.