Wallace & Gromit en KI in nuwe rolprent

Kunsmatige intelligensie neem ‘n nuwe wending in Nick Park se jongste “Wallace & Gromit” rolprent. Gromit se kommer dat Wallace te afhanklik van sy uitvindings geword het, blyk geregverdig te wees wanneer Wallace ‘n slim kabouter ontwerp wat blykbaar ‘n verstand van sy eie ontwikkel. Die Oscar-berkroonde Park sê dis ‘n lighartige blik op die menslike gebruik van tegnologie. “Wallace & Gromit: Vengeance Most Fowl”, word die week bekend gestel. Dis die tweede rolprent oor Wallace, ’n immer optimistiese uitvinder, en sy lojale hond, Gromit. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *