Onvolhoubare watergebruik lei tot siektes

Onvolhoubare watergebruik en woude wat kleiner word het ‘n regstreekse uitwerking gehad op biodiversiteit en die beskikbaarheid van water en voedsel, wat mense, plante en diere raak. Dit is volgens die jongste verslag van die Interregering Wetenskapsbeleidsplatform oor Biodiversiteit en Ekostelseldienste. Volgens die verslag is varswater en mariene kusstelsels veral sensitief, omdat hulle antropogeniese stressors versamel soos besoedeling en afsaksels in verskeie ekostelsels en waterskeidingsgebiede. Minstens 50 siektes kan toegeskryf word aan swak watervoorsiening, watergehalte en sanitasie. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *