WhatsApp voeg nuwe kenmerke by sy oproepfunksie
WhatsApp het nuwe oproepkenmerke vir rekenaars en selfone bekendgestel wat dit makliker as ooit tevore sal maak om met familie en vriende in verbinding te wees. Meer as twee-miljard oproepe word daagliks met die toepassing gemaak. Die nuwe kenmerke laat gebruikers toe om spesifieke deelnemers vir ‘n groepklets te kies, asook prettige nuwe effekte vir video-oproepe, insluitend hondjie-ore, onderwater of ‘n karaoke-mikrofoon. Oproepkenmerke is verbeter vir sowel rekenaars as selfone en oproepe is nou meer betroubaar, met ‘n hoër resolusie videogehalte.