Kommer oor eskalerende konflik in Sirië
Die Verenigde Nasies se spesiale gesant in Sirië, Geir Pedersen, waarsku die konflik is nie verby nie, selfs na die uitsetting van die voormalige president Bashar al-Assad. Dit volg op voortgesette botsings tussen die Turks-gesteunde Siriese Nasionale Weermag-rebelle en die Koerdies-geleide en Amerikaans-gesteunde Siriese Demokratiese Magte. Pedersen, wat Sirië se nuwe de facto-regeerders, die Hayat Tahrir al-Sham-groep, ontmoet het, het kommer uitgespreek oor berigte van militêre eskalasie, en sê dit kan katastrofies wees: