Groot sukses in die Noorde met kragmeters December 18, 2024

Nored het groot sukses aangeteken met sy opdatering van voorafbetaalde kragmeters. Die kragverspreider het net minder as 110 000 meters geteiken en amper 122 000 meters opgedateer. Volgens die maatskappy sal die opdatering verhoed dat kliënte onwettige verbindings kry en bedrog uitskakel. Windhoek het op sy beurt ook uiters goed gevaar met ‘n handvol meters, minder as 20, wat nie die sperdatum vir opdatering gehaal het nie. Daar is amper 336 000 voorafbetaalde kragmeters in gebruik in die land.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *