Walvis-aktivis Paul Watson vrygelaat uit Groenland-tronk

Die aktivis teen walvisjag, Paul Watson, is na vyf maande uit ʼn gevangenis in Groenland vrygelaat, nadat Denemarke geweier het om hom op versoek van Japan uit te lewer. Die 74-jarige is aangehou nadat hy in Julie in Groenland vasgemeer het. Hy is daarvan beskuldig dat hy reeds in 2010 in Antarktiese waters skade veroorsaak het aan ‘n Japannese walvisjagboot, hulle verhinder het om te werk, en ʼn bemanningslid beseer het. Watson is omstrede en bekend vir konfrontasies met walvisjagvaartuie en was voorheen die hoof van die Sea Shepherd-bewaringsvereniging. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *