Aussie snelbouler kry raas omdat sy vloek

Krieket: Die Australiese snelbouler, Kim Garth, is berispe omdat sy verlede week tydens die derde eendagwedstryd teen Indië in Perth gevloek het. Daar is bevind sy het vlak een van die gedragskode van die Internasionale Krieketraad vir die gebruik van ‘n hoorbare kragwoord tydens ‘n internasionale wedstryd oortree. Een strafpunt is ook by Garth se dissiplinêre rekord gevoeg na haar eerste oortreding in 24 maande. Daar is bevind sy het onvanpaste taal gebruik nadat haar aflewering vir ʼn grenshou geslaan is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *