Grap kos baie geld
’n Stadsraad in die VSA het mense gevra om op te hou om plastiek-oë op beeldhouwerke in die stad te plak, en gesê dit kos baie om dit te verwyder.
Die googly oë het op ‘n aantal kunswerke rondom die stad Bend, in Oregon, verskyn, insluitend ‘n standbeeld van twee takbokke en ‘n metaalbol.Die raad het in ’n plasing op sosiale media gevra wie ook al verantwoordelik is om asseblie dadelik op toe hou.
“Terwyl die “googly” oë wat op die verskillende kunsstukke in die stad geplaas word, jou dalk laat giggel, kos dit geld om hulle versigtig te verwyder om nie die kuns te beskadig nie,” het hulle gesê.Baie mense het kommentaar gelewer ter ondersteuning van die “googly eyes” met een sosialemediagebruiker wat gesê het ‘Maar hulle is so snaaks!!’ en ‘die googly oë moet bly’.
Die raad het ook gesê dat daar in die verlede ander versierings soos Kersvaderhoede en -kranse bygevoeg is, maar dat dit anders was. “Terwyl ons nie die kranse … en Kersvader-hoede goedpraat nie, bevat dit nie die gebruik van van gom, graffiti en alle dinge wat die kuns kan beskadig,” het dit op sy sosiale plasing gesê.
Die raadsleier het verduidelik dat hoewel hulle wil hê die gemeenskap moet betrokke raak by die kuns en pret hê, wil hulle ook nie hê dinge moet beskadig word nie.Tot dusver sê die raad dat dit N$27 500 bestee het om die oë te verwyder van sewe van die agt beeldhouwerke wat geraak is.