NNN se boodskap is ‘n ‘goeie begin’
Swapo het ‘n werkswinkel in Windhoek aangebied vir voornemende parlementslede om sy verkiesingsmanifes se implementering te bespreek. Verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah het die werkswinkel geopen en gesê die behoeftes van Namibiërs en dienslewering moet prioriteite wees. Sy sê sy soek nie teorieë nie, maar praktiese voorstelle. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat, wat sê dit is ‘n goeie wegspring deur die volgende president.