Motorfietsryer gestamp deur vliegtuig … op aanloopbaan

‘n Motorfietsryer het ‘n noue ontkoming gehad toe hy gestamp is deur ‘n vliegtuig met 23 passasiers aan boord wat kom land het. Die man het oor ‘n aanloopbaan by die lughawe op Lubumbashi in die Demokratiese Republiek van die Kongo gery en die Bombardier Q400 vlug van Congo Airways was besig om te land. Die man was lig beseer maar die vliegtuig het volgens owerhede redelik skade opgedoen. Internasionale nuusagentskappe sê die tipe voorval is algemeen in die DRK en die land se redery is op ‘n swartlys geplaas vir internasionale reis. Volgens berigte was die man geklee in die uniform van die president se sekuriteitsmagte.