Sullivan loop voor by Alfred Dunhill-kampioenskap 

Andy Sullivan van Engeland het ʼn agt-onder-baansyfer-64 behaal en loop met een hou voor ná die eerste ronde van die Alfred Dunhill-kampioenskap in Mpumalanga. Drie spelers is met sewe onder gelykop tweede: sy landgenoot Alex Fitzpatrick, die Suid-Afrikaner Casey Jarvis en die Sweed, Marcus Kinhult. Sullivan, wat sy eerste twee DP World Tour-seges in die land in 2015 behaal het, sê hy voel altyd gemaklik om in Suid-Afrika te speel: