VN brei hulpprogram uit in Sirië 

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram brei sy programme uit om 2,8-miljoen ontheemde mense in Sirië wat voedseltekorte beleef, te help. Dit volg nadat president Bashar al-Assad se regering omvergewerp is. Die organisasie sê die onlangse vyandighede het honderde duisende mense in die land ontwortel wat die reeds bestaande voedselprobleem vererger. Die organisasie se direkteur in Sirië, Kenn Crossley, sê handelsroetes is tans onder druk, kospryse styg skerp en die Siriese geldeenheid verswak.