Reënwoude kan al hoe minder bedreigde spesies beskerm

Nuwe navorsing toon minder as 25-persent van die wêreld se oorblywende reënwoude kan bedreigde spesies beskerm. Die studie onder leiding van die Universiteit van Noord-Brits-Columbië het reënwoud-integriteit vir meer as 16 000 spesies soogdiere, voëls, reptiele en amfibieë nagevors. Die bevindings wat in die Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer is, toon slegs agt-persent van bedreigde spesies se natuurlike omgewings in reënwoude het ʼn hoë integriteit. Die hoofnavorser, Rajeev Pillay, sê daar is ʼn dringende behoefte aan bewaringstrategieë wat op woude se gehalte fokus.