Bokslot Moerat keer terug vir Stormers na besering
Rugby: Die Springbokslot Salmaan Moerat kan moontlik met sy terugkeer na ʼn besering onmiddellik in die Stormers se wedstrydgroep ingesluit word vir die naweek se Kampioenebekerwedstryd teen Harlequins in Londen. Hy het vroeg in September sy knie seergemaak. Moerat, wat die Bokke by geleentheid aanvoer, het saam met die span na Engeland vertrek. Die Bokke Manie Libbok en Ben-Jason Dixon moes agterbly nadat hulle verlede naweek harsingskudding opgedoen het teen Toulon. Verdedigingsafrigter Norman Laker beskryf Moerat as ʼn goeie leier wat baie vir die span beteken.