Vooruitsigte vir beesvleispryse lyk goed

Namibië se beesvleis-uitvoere het sover vanjaar met 44 persent gestyg tot 20,7 miljoen kilogram. Oktober se uitvoere was egter 11,3 persent laer as verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Desmond Cloete, die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad se bemarkingbestuurder, oor die vooruitsigte vir vleis- en veilingpryse.