Gesmokkel in tronke bereik krisisvlakke

Die DA sê die omvang van smokkelhandel in Suid-Afrikaanse tronke wys dat dié plaag krisisvlakke bereik het. Die afgelope 12 maande het beamptes by korrektiewe sentrums beslag gelê op byna 1 000 kilogram dwelms. Hulle het ook beslag gelê op meer as 41 000 selfone, 11 000 wapens, meer as 250 liter alkohol en 200 000 Suid-Afrikaanse rand kontant. ʼn DA-woordvoerder, Kabelo Kgobisa-Ngcaba, sê die korrektiewe dienste-departement stel nie gevolgebestuur in nie: