Hof keer Murdoch se aanstelling van sy seun Lachlan
‘n Amerikaanse hof het die poging van die Australies-Amerikaanse sakemagnaat en belegger, Rupert Murdoch verbied, om sy familietrust te wysig. Volgens die New York Times verhinder die uitspraak planne om na sy dood sy oudste seun, Lachlan, se beheer oor Fox News en News Corp te verseker. Die hof beskryf dit as ʼn charade ter wille van Lachlan se konserwatiewe agenda en sluit die ander uit. Die trust bied gelyke stemkrag aan sy vier oudste kinders. Die ander kinders verwelkom die uitspraak en wil versoen hoewel Murdoch beplan om te appelleer.